Tuisblad       Oor Ons       Ek benodig hulp       Eredienstye       Preke       Aktiwiteite       Bedieninge  
  Kalender       Publikasies       Ander Skakels       Nuus       Navrae       Kontak Ons    
Eredienstye
Eredienstye
 
Wapadrant gemeente het die eredienste verander om die breë spektrum van mense te kan bedien.
 
 
Die eredienste is soos volg :
 
Eerste oggenddiens  (meer "tradisioneel"):     08:30
Tweede oggenddiens (meer "informeel"):   10:30
Afrika-diens:   12:30
Aanddiens:  Gesinserediens   17:30
Aanddiens:  Straatkafee-erediens   19:00
 
Kinderkerk (3 - 6 jaar)
Dit vind plaas tydens die eerste en tweede oggenddiens in die nuwe jeuglokale.
 
Kleingroepbyeenkomste na aanderediens (voorstel, nie verpligtend nie)
 
 
Adoramus diens
Die woord Adoramus beteken "ons aanbid", en dit vertel iets van die karakter van hierdie eredienste.  Dit gaan daaroor dat jy aan die einde van jou dag en naby die einde van 'n besige week die geleentheid kry om stil te word en tot rus te kom in God se teenwoordigheid.  Ons sing van die peinsende Taizé chants, luister na die Here se Woord en gee geleentheid vir stilword.  Moenie bang wees dat jy gevra sal word om hardop te bid, of so iets nie.  Tydens die dienste gaan ons ook geleentheid kry om te luister na pragtige aanbiddende musiek uit ons Christelike tradisie.

Die Adoramus vind Donderdagaande elke tweede Donderdagaand gedurende die skoolkwartaal.
      
Die dienste begin om 19:30 en vind plaas in die konsistorie van ons kerkgebou
 
Kafé Koinonia
 
Kafé Koinonia is baie meer as net die heerlike filterkoffie, koeldrank en smullekker koek van ons elke Sondag bedien - dis 'n gesellige saam kuier waar ons mekaar beter leer ken, mekaar se stories hoor, kleingroepe bymekaar kom en daar fees gevier word op 'n weeklikse basis!  Oud en jonk, bekend en onbekend kan hier informeel kom saam kuier, maar kleingroepbyeenkomste, besprekings en meer formele byeenkomste word ook op gereelde basis geakkomodeer!
 

Kafé Koinonia is nou ook oop op Woesdae-aande en Sondae-oggende voor die erediens!

Nuwe ure:

Sondagoggende: 08:00 - 12:00
Sondagaande: 17:00 - 20:00
Woensdagaande: 18:30 - 20:30 (Laat weet as daar 'n vergadering of byeenkoms is dan reël ons ietsie te ete!)

Kyk uit vir die vrolike gedekte tafels, sambrele en die heerlike gasverwamers in die koue maande ... en natuurlik ... volg jou neus agter die heerlike geur aan van vars geperkoleerde koffie!
 

Kafé Koinonia staan onder die keurige leiding van Emma Meyer (012 993 3548) en Petro Meyer (082 878 0227). Kontak hulle gerus met voorstelle of as jy wil help.

 
Besprekingsforum oor Wapadrant gemeente se eredienste
 
Volg die skakel om meer hieroor uit te vind.
http://groups.google.com/group/wpr-eredienste

 

 
Skakel Kaart   Terug na bo