Tuisblad       Oor Ons       Ek benodig hulp       Eredienstye       Preke       Aktiwiteite       Bedieninge  
  Kalender       Publikasies       Ander Skakels       Nuus       Navrae       Kontak Ons    
Kafé Koinonia
Kafé Koinonia
 
Kafé Koinonia is baie meer as net die heerlike filterkoffie, koeldrank en smullekker koek van ons elke Sondag bedien - dis 'n gesellige saam kuier waar ons mekaar beter leer ken, mekaar se stories hoor, kleingroepe bymekaar kom en daar fees gevier word op 'n weeklikse basis!  Oud en jonk, bekend en onbekend kan hier informeel kom saam kuier, maar kleingroepbyeenkomste, besprekings en meer formele byeenkomste word ook op gereelde basis geakkomodeer!
 
Kafé Koinonia is nou ook oop op Woesdae-aande en Sondae-oggende voor die erediens!

Nuwe ure:

Sondagoggende: 08:00 - 12:00
Sondagaande: 17:00 - 20:00
Woensdagaande: 18:30 - 20:30 (Laat weet as daar 'n vergadering of byeenkoms is dan reël ons ietsie te ete!)

Kyk uit vir die vrolike gedekte tafels, sambrele en die heerlike gasverwamers in die koue maande ... en natuurlik ... volg jou neus agter die heerlike geur aan van vars geperkoleerde koffie!
 
Kafé Koinonia staan onder die keurige leiding van Emma Meyer (012 993 3548) en Petro Meyer (082 878 0227).  Kontak hulle gerus met voorstelle of as jy wil help.
 
Skakel Kaart   Terug na bo